Search -
Norme Vir Afrikaans: Enkele Riglyne by Die Gebruik Van Afrikaans (Afrikaans Edition)
Norme Vir Afrikaans Enkele Riglyne by Die Gebruik Van Afrikaans - Afrikaans Edition Author:Wannie A.M. Carstens Norme vir Afrikaans het oor die jare al bewys gelewer dat dit 'n bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk versoen. In die besonder focus die titel op die 'norm... more »e' wat; 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die titel is nie om streng 'normatief' te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies, met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die riglyne van die negende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (2002) is ook volledig in hierdie uitgawe verken.« less